Testimonials

Testimonials from some of our many happy clients:

Hi Mel,

“Thanks the Line Fits PERFECTLY.  Our Photos do not do just to your Handy work.
Once again, Thank you and we will Spread the Word around.
Good Luck with the Show.”

Kind Regards – Zelia Stander


More Mel!

Wil net se toe Gerrie gisteraand die linne bring – ek kon nie glo hoe mooi dit lyk nie! En toe kry ek die tafeldoek ook!
Dis pragtig! So mooi verpak en baie mooi gemaak. Baie dankie Mel!

Lekker werk vandag

Joey Van Rooyen – Pretoria


Goeiemiddag Malenie,

Wat ‘n verandering het julle beddegoed en gordyne net nie teweeggebring in ons Caravette 6 nie! Ek hoef nie meer saans op my seer knieë rond te kruip om ons dubbelbed op te maak nie – dis nou so maklik soos tel tot 10 en om te dink dat ek nêrens iemand kon vind om dit vir my te maak nie totdat ek julle advertensie in die Wegsleep gesien het. Sodra ek foto’s geneem het daarvan oor die naweek sal ek dit vir jou e-pos sodat jy dit op jou website kan sit sodat mense dit kan sien wie net so sukkel as wat ek gesukkel het. Nogmaals baie dankie!

Lekker werk.

Marie Vorster – Lombardy East


Hi Mel

Het my Xplorer 2012 se linne gekry by die Courier, is genuine pragtig! Sal dit die naweek fit en ek sal dit promote vir jou hier in Kimberley! Wou weet of ons dieselfde Seville materiaal kan gebruik vir ‘n room devider gordyn wat jy vir ons sal maak?

Baie groete

Jan Nortje


Hi Mel

So verskriklik baie dankie dat julle so ‘n groot verskil aan ons ou Jurgens Esprit ’91 se interior gemaak het! My man se hy dink elke keer hy is een of ander “suite” as hy in ons karavaan ingaan! Ons slaap verskriklik lekker op ons mooi, nuwe beddegoed.

Duisend dankies!

Rejeanne Nel – Polokwane


Goeie more Mel

My Xplorer se Tarentaal comforters lyk stunning! Die foto’s lyk nie so mooi as wat dit werklik lyk nie. Hoop jy sal die foto’s kan gebruik.

Groete

Engela Joubert – Rustenburg


Hallo Mel

Ons het die naweek vir die eerste keer ons Xplorer 2012 se paslakens gebruik en my vrou was uiters in haar skik met hoe wonderlik dit pas. Baie tevrede, dankie!

Werner – Durbanville


Hallo Mel

Hier is ‘n paar fotos van jou handewerk! Dit lyk so mooi, ons slaap so lekker en dis altyd netjies! Die platlaken met die rek onderom werk soos ‘n bom! Nogmaals dankie vir die mooi maak van ons wa se binnekant!

Groete

Christo & Ria – Centurion


Morning Mel

Yes thanks – we are back and the sheeting fitted great. Thanks for the efforts!!!

Rose & Frankie Sequeira – De Aar


Hallo Mel

Ek is 100% tevrede – alles pas perfek en lyk vreeslik mooi. Ek skuld jou nog foto’s en die log op Facebook want almal moet van jou beddegoed weet! Ek love jou produk en hoe jy werk en wil dit met die wereld deel en nie net vir myself hou nie.

Vriendelike groete

Annemarie Snyman – Hennopspark Centurion


Hi Mel

The service you offer is exceptional and the quality, beauty and workmanship is out of this world. The fitted sheets you made are perfect and the comforter & pillow cases are a work of art. I wish you all the best in supplying us caravanner’s! God bless

Bill Arnall – Sandton


Hi Mel

Man ek het nie woorde nie, my karavaan linne lyk pragtig, stunning! Ek is so opgewonde, baie baie dankie dis baie mooi, jy is ‘n great verkoopsdame, ek glo jy gaan sommer baie stelle verkoop hoor! Dit was lekker om jou te ontmoet, jy is great.

Liefde groete

Adele Laas – Kameeldrift, Pretoria


Hi Mel

Dankie, dankie, dankie vir die pragtige linne vir ons Elegance!! Dit is nou ‘n absolute plesier om die bed op te maak en julle vakmanskap en kwaliteit is uit die boonste rakke. Dankie vir al jou spesiale moeite met die afmetings en passings vir “Number 65” – dit word opreg waardeer. Jy lewer uitstekende diens en dis ‘n reuse plesier om met jou besigheid te doen!!

Dankbare groete

Julie & Mark Diab – Montanapark, Pretoria


Hi Mel

Baie dankie vir die lakens & comforters vir ons Fleetline 2013, dit lyk pragtig! Ek het die foto’s geneem en sal binnekort vir jou stuur – ons is sommer nou weer lus om te gaan kamp.

Groete

Sonja Steenkamp – Bloemfontein


Naand Mel

Baie dankie vir die pragtige linne.  Dit is wonderlik om linne te bestel  by mense wat passievol is oor hul werk.  Die linne lyk pragtig op die conqueror supra2!

Groetnis

Hannie Kuschke – Pretoria


Beste Mel,

Dis met eerlikheid dat ek kan sê dat ek jare laas sulke goeie en vriendelike diens van iemand ontvang het!

Baie dankie dat jy jou weg oopgesien het om my karavaanlinne binne ‘n rekordtyd te maak. Baie dankie vir die netjiese werk! Die linne vir ons Jurgens Fleetline 2013 Top Deck lyk “stunning”. Jou werk kan met liefde aanbeveel word.

Groete,

Marie Booy – Pretoria


Môre Mel

Ek het die linne oorgetrek en dit pas soos ‘n deksel op ‘n pot. Dit sit 100% die hoeke is pragtig glad en dit lyk pragtig.
Baie dankie weereens vir al julle moeite, ek waardeer dit baie. Sal julle aanbeveel by ander kampers.

Lekker dag en naweek daar.
Lekkerkamp groete van ons af.

Ina Jackson – Jhb


Goeie more Mel

Baie dankie vir die pragtige beddegoed wat jy met soveel liefde en sorg gemaak het vir my Fendt Brillant. Ek dink nie daar is nog so n pragtige en snoesige stel beddegoed in enige ander karavaan nie.

Mense wat nie van jou weet nie weet nie wat hulle mis nie! Alle sukses met jou besigheid Ek hoop ek kan weer van jou dienste gebruik maak in die toekoms.

Beste wense

Len Koekemoer – Wierdapark, Centurion

 

Hallo Mel

Duisend dankies vir die pragtige linne vir my Jurgens Xplorer 2012 – ek is in ekstase daaroor!!! Ek sal jou aanbeveel sover as wat ek kom!

Baie Liefde en Groete

Chrizelle Venter – Van Riebeeck Park, Kempton Park

 

Hi Mel

Baie dankie vir my pragtige, kwaliteit Sprite Splash 2002 beddegoed! Ek is so tevrede, daar is net een woord en dis uitstekend!

Baie Groete

Ina Kriek – Weza, Port Shepstone

 

Hello Mel

Ek wil net baie dankie sê vir die paslakens wat jy vir ons Conqueror Companion gemaak het. Ons is 110% tevrede en sal op ‘n stadium nog ‘n stel bestel. Ek het ook vir ons vriende jou details aangestuur. Jou werk is baie netjies en professioneel. Geen opgebondelde lakens in die oggend meer nie!

Groete

Ronel De Wet – Pretoria

 

Hi Mel

Ons Jurgens Fleetline Autumn Edition 2011 se paslakens en comforters lyk stunning! Dankie vir jou!

Liefde

Natashia Rabie – Centurion

 

Feedback op Lekker Kampplekke se Facebook page:

Ek wil graag vir Perfect Fit ‘n plumpie gee. Ek het lanklaas mense teegekom wat soveel moeite doen om hulle produk by die mense te kry wat dit by hulle bestel het. Mel het waarlik die ekstra myl geloop om my lakens by my in die Kaap te besorg. Sy het self die matras van ons Imagine Comfort Van gaan meet, omdat sy nog nie so weergawe gemaak het nie, en dit sonder om ‘n oog te knip by my deur laat aflewer. Dit was ‘n plesier om sulke diens te beleef.

Petro Welgens – Somerset Wes

Goeie more!!

Wil net weereens BAIE DANKIE sê vir die Sprite Sprint 2014 se beautiful beddegoed. Dit is pragtig en kan nie meer wag vir ons verlof nie. Baie dankie vir al die harde werk ek waardeer dit.

Lekker dag verder

Annelize Fourie – Springs

Hi Mel

Baie dankie vir ons splinternuwe 2014 Sprite Sprint se “COOL” beddegoed. Dit lyk amazing, ons love dit baie. Baie netjies gedoen en ons kan nie wag om te gaan kamp nie. Ons wil gaan afshow. Die turquoise, lemmetjie groen, wit & pers doen die ding hoor!

Meisie & Marius Havenga – Pretoria

 

Hallo Mel

Dankie vir al jou moeite. Die linne vir ons Jurgens Exclusive 2010 lyk werklik goed. Jou persoonlike betrokkenheid word waardeer. Wens jou alle voorspoed toe met die besigheid.

Groete

Antonie Visser – Lynnwood Pretoria

 

More Mel

Weereens baie dankie vir die puik kwaliteit linne wat jy vir ons gemaak het. Dit het sommer ons XT 140 nog lekkerder gemaak om in te kamp.  Ons spog by almal wat wil of nie wil kyk nie, met jou werk. Sal enige tyd weer van jou dienste gebruik maak.

Jacques en Magda Van Wyk – Oos Rand

 

Hi Mel

Wil net dankie sê vir die great beddegoed, sal foto nog stuur, het naweek gaan kamp en Jurgens Classique 1996 beddegoed is stunning!! Kan nie genoeg dankie sê!

Mooi bly xx

Tanya Myburgh – Bothaville

 

Dear Mel

Must tell you, I am thrilled. Best job, best fit, best quality, best service. The percale fabric is exactly what I wanted and the colour perfect as well. When I first saw your advert my heart skipped a beat and I knew that you were a perfectionist just like me. I have not been disappointed.

Alistair Jones – Valhalla, Pretoria